Algeriese vliegtuig val, almal gedood

’n Militêre vliegtuig van Algerië het neergestort naby die  hoofstad Algiers en volgens die eerste berigte wat ontvang is, het al 253 aan boord omgekom. omgekom .

Die vliegtuig het kort nadat dit opgestyg het, skielik hoogte verloor en toe na benede gestort sowat 30 kilometer ten suide van die hoofstad.

Die Minister van Verdediging het in Algiers gesê die oorsaak vir die ongeluk is nog onduidelik maar deskundiges ondersoek die tragedie.

Die Minister het bevestig dat dit hoofsaaklik militêre personeel was wat in die vliegtuig was.

’n Groep van 26 mense verbonde aan die Polisario Front was ook aan boord. Die organisasie streef daarna om Morocco as onafhanklike staat gevestig te kry.