Afriforum aanvaar Menziwa “verskoning”

Afriforum se aanvaarding van die verskoning van Luvuyo  Menziwa, is met groot ongeloof en woede ontvang in Afrikaner volksgeledere.

Vicky Momberg word gevonnis tot 2 jaar tronkstraf oor die gebruik van die k-woord.  Daarteenoor het Menziwa gesê: “f..k white people, get me a bazooka or AK 47 and I will  kill these demon humans”. Hierdie uiters rassistiese dreigement het slegs gelei tot ‘n hofbevel dat hy om verskoning moet vra, terwyl Momberg tronk toe gaan.

Henk Maree het namens Afriforum die handgeskrewe verskoning aanvaar.

Foto: Henk Maree