Zuma, die kerk en kiesers

Afgedankte staatshoof, Jacob Zuma, het ‘n kerkdiens in Kwa Mashu bygewoon en dit vorm deel van die ANC se kiesersregistrasie veldtog die naweek in Natal.

Zuma is formeel aangekondig deur die biskop wat gevolg is deur “luide gejuig” van die kerkgangers.

In sy toespraak in die kerk het hy gesê dat hulle veldtog in die kerk begin is om krag te kry vir die veldtog en dat indien diegene wat glo vir die ANC sal stem hulle (ANC) geseënd sal wees.

Foto: Jacob Zuma tydens ‘n vorige kerkbesoek