Wêreld Nuusflitse – 13 Maart

Duitsland

Kanselier Angela Merkel het haar nuwe kabinet aangekondig waarvan talle ministers jonger as 50 jaar is met die doel om ’n dinamiese regering aan kiesers voor te hou.

 

VSA

Die Amerikaanse president Donald Trump het gedreig dat hy swaar invoerbelasting sal hef teen Duitse motors soos VW, BMW en Mercedes.

 

Siërra Leone

Sierra Leone se verkiesingskommissie het aangekondig dat die opposisieleier, Julius Maada Bio, van die Volksparty met 15 000 stemme voor is teenoor die regerende “Al die Mense party” nadat 75% van die stemme getel is en Bio waarskynlik die land se nuwe president sal word.

 

Europa

Verskeie lande in Europa is besig om wetgewing gereed te maak om die gebruik van plastiese rietjies waarmee koeldrank gedrink word, te verbied om die stryd teen plastiekbesoedeling verder uit te brei.

 

Amerika

’n Helikopter wat neergestort het in New York se Oostelike Rivier het gelei tot die dood van al vyf insittendes waarvan twee onmiddellik gedood is en drie later in die hospitaal beswyk het.