Waarom Sjina sy grondwet verander

Honderde afgevaardigdes onderweg na die jaarlikse kongres waartydens die grondwet gewysig sal word, het menige afgevaardigde wye draaie om verslaggewers laat beweeg.

Op almal se lippe is die redes waarom die Sjinese grondwet gewysig moet word sodat die land se president onbepaald kan regeer.

Een afgevaardigde het gaan stilstaan en die verslaggewer geantwoord, want hy het nie stemreg oor die aangeleentheid nie, maar stem saam dat verandering nodig is.

Volgens die afgevaardigde is daar voldoende rede waarom die huidige president nog baie jare kan regeer, want hy het dit gewettig dat egpare twee kinders mag hê, en het maatreëls getref dat lugbesoedeling met 30% verminder.

Die president het ook gesorg dat Sjina se spoorverbindings vir hoë snelheid treine uitgebrei word met 25 duisend kilometer om die vervoerkrisis op te los.

En om alles te kroon, het hy vanjaar begroot vir ’n rekord bedrag aan verdediging om Sjina te beveilig teen vyandelike magte, word gesê.

Na die grondwet gewysig is, sal Xi Jinping die magtigste president van Sjina wees wat regeer na die presidentskap van Mao Zedong.

Foto – President Xi Jinping