VBS bank onder kuratorskap

Skaars 18 maande na sy instelling blyk dit dat die VBS Mutual Bank gaan vou, en in ‘n poging om dit te voorkom, is die bank onder kuratorskap geplaas terwyl die Reserwebank aangedui het dat hy die bank sal help.

Tesourie het munisipaliteite beveel om geen verdere beleggings by die bank te doen nie.  Bykans R1 miljard is daarna onttrek deur rade en die bank ervaar ‘n likiede krisis.

Dit is die bank wat R7,8 miljoen aan Jacob Zuma geleen het om sy Nkandla skuld te betaal.