Van soldaat tot pa

Vyf weermaglede van SA wat diens verrig het in die DRK,  staar onderhoudsaansoeke in die gesig.

VN woordvoerder Stephane Dujarric sê dat in al vyf gevalle vaderskap en kinderonderhoud  betrokke is terwyl in een geval ‘n minderjarige skynbaar seksueel misbruik is.

Die VN is baie bekommerd oor die voortgesette voorvalle ten spyte van maatreëls om sulke gedrag te voorkom.  Dit is volgens VN reëls die land van oorsprong se plig om diesulkes te vervolg.