Tesourie blok R15 miljard uitgawes

Tesourie het staatsbeheerde entiteite verhoed om verdere geld te spandeer op onregmatige uitgawes.

SAL, Krygkor en Eskom is van die grootste sondebokke.

Tesourie het ’n R13 miljard lening gestop van SAL wat glo was vir “kulturele dienste”, “organisatoriese ontwerpe” en om buitelandse adviseurs te werf om hulle raad te gee.

Krygkor se R330 miljoen om ‘n fregat oor te doen en SAUK se R12 miljoen se buite uitsending voertuie aankope is verdere projekte wat gestop is.

Verder wou Poskantoor R67 miljoen spandeer op die vervaardiging van bankkaarte – weereens sonder ‘n tender.

Eskom het meer as R500 miljoen beplan op verskeie uitbreidings.  Dit blyk dat staatsdepartemente ook net eenvoudig geld uitgee asof dit aan bome groei.  Bedrog met tenders is ook ‘n daaglikse verskynsel en beloop miljoene ten koste van die belastingbetaler.