Siriese magte plunder hulpkonvooi

’n Besending met hulpmiddels wat in ’n konvooi beweeg het na die oorloggeteisterde Ghouta gebied in Sirië, is deur Siriese weermag troepe gestop, en moes sowat 70% van die hulpmiddels agtergelaat word.

Die optrede het veroorsaak dat hulpverlening aan burgerlikes sowat ’n week vertraag is nadat president Vladimir Poetin gevra het vir ’n skietstaking sodat humanitêre hulp aan burgerlikes verleen kon word.

Getuies het later bevestig dat die soldate van president Bashar Al-Assad waarskynlik opdrag gekry het om die plundering te begin.

Volgens twee resolusies wat deur die Verenigde Nasies uitgereik is, word die Assad regime verplig om gehoor te gee aan die opdrag dat humanitêre hulp ongehinderd gegee moet word aan die slagoffers van oorlogsgeweld.

Die meer as 400 000 burgerlikes in Ghouta, waarvan die helfte onder die ouderdom van 25 jaar is, was die afgelope twee weke onderwerp aan talle lugaanvalle.

Intussen het die Assad-regime aangekondig dat hy eersdaags met ’n grond offensief begin wat duisende burgerlikes sal raak in ’n poging om die rebellemagte te vernietig.

Foto – President Assad