Ses ontsnap uit Pollsmoor

Daar is groot kommer in veiligheidskringe oor die toenemende aantal ontsnappings van misdadigers wat plaasvind.

In die jongste voorval het ses mans uit die Pollsmoor gevangenis ontsnap.

Een van die gevangenes word as gevaarlik beskou aangesien hy ‘n vonnis van 12 jaar uitdien weens poging tot moord.

Dit blyk dat ‘n bed se ysters gebruik is om die sel se vensters oop te breek.

Tronke word klaarblyklik ook nie meer gebou soos in die verlede nie en hulp van binne is dikwels ook nie uitgesluit nie. Drie van die ses ontsnaptes is intussen weer aangekeer.