Rekenaarstelsel van binnelandse sake vou

Kort nadat registrasie van kiesers begin het vir die 2019 verkiesing, het die Departement van Binnelandse Sake se rekenaarstelsel tot stilstand gekom.

Dit is nie die eerste keer sat binnelandse sake se stelsel in chaos was nie. By meer as een geleentheid het die stelsel net eenvoudig “gestaak” om te werk.

Dit is die departement wat ID dokumente willens en wetens aan Guptas uitreik maar sukkel om normale aansoeke om visums en paspoorte te hanteer, sê waarnemers.