Ramaphosa gaan grondbesetting wettig

ANC staatshoof, Cyril Ramaphosa, het na die botsing tussen polisie en grondbesetters in Midrand ‘n “sterk bewoorde” verklaring uitgereik en gesê dat sodanige onwettige optrede sal nie geduld word nie  want die ANC-regering sal die grond van mense op ‘n wettige wyse verkry sodat die ekonomie en voedselsekuriteit nie bedreig word nie.

Ontleders sê dat die regte vertolking van sy verklaring is dat die regering later self die grond wettig sal wegneem van Blankes.

Die grondbesettings het op verskeie plekke plaasgevind en is gelei deur vooraanstaande EFF-lede.

VF Plus het intussen geëis dat plaaslike owerhede se wetstoepassers onverwyld moet optree teen onwettige grondbesetting.