Radebe kry bloedneus in hof

Die Minister van Energie het in ‘n laataand interdik bloedneus gekry, nadat die hof ‘n aansoek van die vakbond Numsa toegestaan het.

Radebe was op die punt om verskeie ooreenkomste te onderteken met onafhanklike verskaffers oor hernubare energieverskaffing.

‘n Volledige hofsaak oor ooreenkomste met die verskaffers sal op 27 Maart begin en Numsa wou sekermaak dat Radebe nie die ooreenkomste voor die hofsaak onderteken nie.

Waarnemers meen Numsa skiet homself in die voet, aangesien sowat 61 000 nuwe werksgeleenthede geskep sou word.  Numsa wil egter eers voorleggings maak oor die impak wat die ooreenkomste op die vakbond se lede sal hê by plekke soos Eskom.