Prikkels: Grondwet grondgryp-wet – (Tweede van drie)

Het ons volk reg op volksbestaan?

Vanweë die moderne rekenaartegnologie het die wêreld sg. klein geword.

Die tegnologie van kommunikasie is maar net die middel.  Onderliggend daarvan is die wêreldbeskouing dat die ganse mensdom ‘n eenheid is.  “Togetherness” is die wekroep van ons tyd.

Volke pas nie in hierdie denkpatroon in nie.  Want volke, so word gesê, skei.  Die mensdom is een; Afrika is een; Suid-Afrika is een:  “one nation”.

En die mense in die land word afgegradeer tot individue in die “one nation”.  En ons word regeer deur ‘n “regering” wat die eenheid op ons afdruk:

  • Daarom is grondgrypery nie verkeerd nie;  dit is die verdeling van rykdom – eintlik armoede.
  • Daarom moet voedselproduksie voortgaan om die “nation” te voed.
  • Dat die “verdeling” van grond alreeds tot versakking en agteruitgang gelei het tel nie vir punte nie.

Toerusting en saad en grondstowwe wat alreeds ten gronde gegaan het moet vervang word.  Dit word gedoen met belasting geld wat kwistig uitgedeel word.  Daarin moet die stedelinge bydrae – want ons is een.

In so ‘n stelsel kan volksbestaan nie verduur word nie.  Ons het gevolglik nie ‘n reg op volksbestaan nie – so meen hulle.

Daar is in so ‘n stelsel ook nie sprake van volksroeping nie.  Dat elke volk geroep is om sy gegewe stuk aarde te bewerk en te bewaak is die Bybelse beginsel waarin volksbestaan wortel.  Dit word eenvoudig deesdae ontken.  En tog bestaan volke – want dit is die wil van God. Wat in Gen. 1:28 as opdrag aan die eerste mense paar gegee is (vermenigvuldig en heers oor die aarde) brei uit tot volke.

(Gen.10 – 11) en dit bly geldig tot aan die einde van die wêreldbestaan (Openb. 21:24).  Maar pasop!  Daar is ‘n skeiding reeds aan die gebeur.  In alle volke, nasies en tale op aarde word die gelowige uitverkorenes afgesonder tot volk van God terwyl die oorgelowiges ewig verlore gaan.  Dwarsdeur die Woord word die verhouding tussen volk, land, taal, as genadegawes gehandhaaf.  Daarom het ons ‘n reg op volksbestaan.  Die reg staan in die lig van roeping:  om volk te wees ter wille van die eer van God.  Dit is ons bestaansgrond.  Waar staan ons?

Hendrik v.d. Wateren