Pole kap EU oor inmenging

Pole het ’n algemene oorsig gegee van sy juridiese stelsel aan die Europese Unie (EU), maar tesame daarmee ook ’n ernstige waarskuwing tot die organisasie gerig dat sy inmenging in Pole se huishoudelike sake kan boemerang.

Pole het die waarskuwing gerig te midde van die EU se bespreking van die juridiese hervorming wat in Pole tot stand gebring is deur die konserwatiewe regering van die land.

Die eerste minister van Pole, Mateusz Morawiecki, het tydens sy besoek aan Brussel verlede week, ’n dokument afgelewer by die EU waarin Pole se hervorming uiteengesit is om ’n verbetering te bewerkstellig in die doeltreffendheid van die juridiese stelsel, en om die verwydering van ongewenste regters in die hand van die Poolse parlement te plaas in plek van die ou stelsel waar die regters self oor die lot van kolegas besluit het.

Pole wys in die dokument daarop dat die stelsel wat nou afgeskaf word, en waaroor die EU so begaan is, deur die kommunistiese heersers van ’n eeu gelede in werking gestel is.

Dit is bekend dat die nuwe Poolse premier, Mateusz Morawiecki, nie ’n groot liefde het vir die EU leiers nie, en moes herhaaldelik waarskuwings rig tot die EU om hulle nie te bemoei met die interne sake van Pole nie.

Foto – Premier Mateusz Morawiecki