Peru kry nuwe president

Martin Vizcarra is die afgelope naweek ingesweer as die nuwe president van Peru nadat die vorige president bedank het kort voordat hy deur die parlement afgedank sou word.

Die vorige president, Pedro Kuczynski, het bedank nadat dit  bekend geword het dat hy moontlik betrokke is by ’n reuse korrupsie skandaal.

Martin Vizcarra is verlede Vrydag ingesweer, slegs enkele ure nadat die parlement van Peru die bedanking van die vorige president aanvaar het.

Vizcarra, wat tot hede gedien het as visepresident en as voormalige ambassadeur in Kanada diens verrig het, het getoon dat hy oor die vermoë beskik om as president uit te styg bo die politieke intriges van die land.

Die 55-jarige president het na die inswering seremonie gesê die regering van Peru moet konsentreer op die behoeftes en verwagtinge van al die inwoners van Peru en nie ’n bitter stryd voer teen mekaar nie.

Foto – Martin Vizcarra