Paspoorte kwadraat

Die Guptas het die volgende “aantal” paspoorte: Atul Gupta het drie geldige SA paspoorte, Rajesh Gupta kan uit ses paspoorte sy keuse maak en Chetali Gupta het so kort as drie weke gelede haar derde paspoort ontvang in Dubai vanaf die Departement van Binnelandse Sake.


Dit is slegs in buitengewone omstandighede dat ‘n persoon meer as een paspoort besit, so Malusi Gigaba sal moet gesond word en verduidelik, sê ontleders.