Oppas vir die toor

Ek sien ‘n ou met die naam van Cyril Ramaphosa het glo oor die naweek vir en oor die grondbesetters gesê dat “grondvergrype nie geduld sal word nie, [want] niemand het die reg om grond te beset en mense se regte te skend nie”.

Nou wonder ek: is dit dieselfde Ramawatsenaam wat onlangs, toe hy die tjief tjief geword het, gesê het dat alle grond maar beset en gevat kan word by die Boere? Wat het hom nou sy deuntjie laat verander? Of het hy skielik besef dat hierdie Boere vir hom gaan sê: “Kom vat aan ons grond, en jy vat aan ons ….”.? Of het sy tjiefin, Haar Magtige Majesteit, Reënkoningin Modjadji, se krokodilbrein- en mensvel-toormedisyne dalk vir haar uitgewys en gesê om vir hom te sê om sy sêe anders te sê, anders gaan sy en die voorvaders hom vervloek met die reën wat hulle daar in Kyptieiaoen nog langer gaan wegtoor?

Mens moet maar liewers na die voorvaders en hulle geeste luister. En ook na koninginne wat lelik kan toor.. Al is jy die Tjief Tjief. Of Prêssêdênt. Mens weet nooit…

Bangjan