Myeni skielik siek

Dudu Myeni se nie-opwagting voor die parlementêre komitee word nou afgemaak as sou sy siek wees.  Volgens Myeni laat haar toestand haar nie toe om te vlieg nie.

Haar verskyning het te doen met haar optrede by Eskom, maar wanneer sy tot verantwoording geroep sal word oor SAL is onbekend.

Die portefeuljekomitee eis nou ‘n sieksertifikaat van haar.

Dit blyk dat Malusi Gigaba ook siek is en daar word spottend bespiegel dat beide dalk Enterprise produkte ingeneem het.