Myeni in hotel

Terwyl Dudu Myeni beweer dat sy siek is, is sy tog gesond genoeg om in ‘n vierster hotel rustig te verkeer sonder enige tekens van ongesteldheid.

Sy is Vrydagaand in ‘n hotel opgemerk, dieselfde dag waarop sy verantwoording moes doen voor ‘n parlementêre portefeuljekomitee oor haar manewales by Eskom.

Dit is die tweede keer dat Myeni die parlement se komitees die vinger wys.