Merkel swig voor linkse eise

Die linkse Sosiaal Demokrate Party (SPD) in Duitsland het uit ’n posisie van mag hulle eise gestel waaraan kanselier Angela Merkel moes voldoen ten einde ’n koalisieregering saamgestel te kry.

Die SPD het geëis dat hulle minstens ses ministersposte kry, waarvan drie aan vroue toegesê moet word.

Duisende konserwatiewe ondersteuners van Angela Merkel se Christen Demokrate Unie het besluit om eerder hulle gewig by die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD) in te gooi.

Die reaksie het ook negatiewe gevolge vir die linkse Demokrate, en menige van sy ondersteuners is gekant teen die koalisie met die CDU, en het ook onttrek by die party.

Die verskuiwing het die SPD sodanig verswak dat die AfD nou die tweede grootste party in Duitsland is.

Dit word betreur deur CDU ondersteuners dat die twee mees senior ministersposte, die van finansies en buitelandse sake, deur twee linkse persone gevul word,

Merkel het haar finale besluit oor die samestelling van ’n kabinet bekend gemaak, maar daar heers algemene ongelukkigheid oor die vreemde koalisie wat gevorm word tussen twee tradisioneel politieke vyande.

Foto – Kanselier Merkel