Lucky Montana die “aanstigter” van brande?

700 werkers van Prasa wat vyf jaar gelede afgedank is, is blykbaar verantwoordelik vir die brandstigting van spoorwaens onder aanvoering van die vorige hoofuitvoerende beampte van Prasa, Lucky Montana.  Die dade is glo gepleeg om aandag af te trek van beweerde korrupsie in Prasa.

Intussen het die Konstitusionele Hof Prasa beveel om die 700 werkers weer aan te stel teen ‘n beraamde koste van R1 miljard.