Kuba se Castro-era eindig

Sondag het die 57ste herdenking plaasgevind van die mislukte inval by die Baai van Varke in die Kubaanse eiland, en word dit “gevier” met ’n verkiesing van ’n nuwe regeerder.

Onder die talle kandidate is ’n opvolger gekies vir Raul Castro (86) wie se naam nie op die kandidatelys verskyn het nie.

Vir die eerste keer in byna 60 jaar is ’n president gekies wat nie die wapen opgeneem het in die revolusie van 1959 nie.

Die 605 lede vir die Kubaanse parlement is ook gekies, en die keuse het geen noemenswaardige verrassing opgelewer nie, want daar is net soveel kandidate as wat daar setels is, wat die 8 miljoen kiesers nie ’n keuse laat nie en word hulle gedwing om vir die enigste kandidaat in die “kiesafdeling” te stem.

Die inval in die Baai van Varke word deur die Kubane herdenk as die eerste nederlaag van die “Yankee-imperialisme” as heerser van die Noord-Amerikaners in Latyns Amerika.

Met die stemming vir 604 lede wat ook almal lede van die Kommunistiese Party van Kuba is, is sowat die helfte vrouekandidate, en moet hulle almal ook die 31 lede van die Raad van State aanwys wat weer die nuwe president van Kuba aanwys, wat eers op 19 April bekend gemaak word aan die kiesers.

Foto – President Raul Castro