Italië se Vyfster Beweging het planne

Die party wat die meeste stemme gekry het in die Italiaanse verkiesing, is amptelik aangewys as die wenner, maar kon nie ’n volstrekte meerderheid behaal nie.

Die Vyfster Beweging, wat van meet af gesê het hy sal nie ’n koalisieregering saamstel nie, het besluit om ander partye te betrek deur moontlike poste vir ministers aan hulle te bied volgens kontrak.

’n Woordvoerder van Vyfster het die aankondiging gedoen nadat die vraag ontstaan het wat in Italië gaan gebeur as die party nie bereid is tot ’n koalisieregering nie.

Luigi Di Maio, die leier van Vyfster, het laat deurskemer dat hy verkies om sulke kontrakte te sluit met die linkse Demokratiese Party wat voorheen die regerende party was.

Sy plan B is glo om met die meer konserwatiewe Liga ’n ooreenkoms aan te gaan, maar weier om enige moontlikheid te oorweeg van ’n koalisieregering.

Indien geeneen van die twee partye in ’n “alliansie” met Vyfster wil gaan nie, is die leier bereid om terug te keer na die stemlokale vir ’n opvolg verkiesing.

Foto – Luigi Di Maio en president Sergio Mattarella