Guptas verloor bank aansoek

Die hooggeregshof in Pretoria het ‘n aansoek van 20 Gupta beheerde maatskappye van die hand gewys.

Die aansoek was gebring om die Bank van Baroda te verplig om sy deure oop te hou vir besigheid.

Die Bank het verlede maand aangekondig dat hulle alle bedrywighede staak en die Suid Afrikaanse mark verlaat.

Nedbank het Baroda in Januarie kennis gegee dat hul binne drie maande hul verbintenis met die Bank gaan verbreek. Baroda het Nedbank gebruik om transaksies deur te laat en kliënte te diens.

Die vraag is as daar nog 20 maatskappy is wat onder die Gupta vaandel besigheid bedryf, hoekom word daar nie beslaglegging gedoen op bates van die wat betrokke  was by skaduagtige transaksies nie?