Frankryk en Indië smee nouer bande

Die historiese besoek van die Franse president, Emmanuel Macron, aan Indië, lei ’n nuwe tydvak in en is die eerste bande gesmee om beter handelsbetrekkinge aan te knoop.

President Macron hoop dat hy met die besoek, Frankryk die rol as deurgang vir Indië na Europa kan oorneem by Brittanje wat nou as lid uit die Europese Unie tree.

Macron het met sy besoek ook die klem laat val op goeie handelsbetrekkinge, veiligheid en sekuriteit, asook klimaat verandering.

Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, het die besoek verwelkom en gesê die twee leiers het genoeg tyd afgestaan om gedurende die afgelope naweek hul samesprekings af te handel.

Die twee leiers is dit eens dat sterker bande in die vennootskap gesmee moet word tot beide lande se voordeel.

Foto –  Pres. Macron en premier Modi