Ek’s ‘n Dapper Muis.

 

Ek’s ‘n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas

en daar’s niks waarvoor ek skrik nie

Ek soek die beeste en jou huis en die moola in jou kluis

nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En wie gaan dit betaal?

Oe betaal?

Ja betaal voor die bank dit als kom haal…

Nou ja, buiten vir betaal, is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ’n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas en

Daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

Gee jou skape ook vir my en die kar waarmee jy ry

Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie!

En wie koop dan die kos?

Oe die kos?

Ja anders vrek die diere mos…

Nou ja, buiten vir betaal en kos, is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Kyk hoe vat ek jou John Deere en jou ploeg en jou geweer, nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie!

En wie gaan diesel koop?

Oe, diesel koop…?

Ja diesel koop dat die trekkers aanhou loop!

Nou ja, buiten vir betaal en kos en diesel koop, is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ‘n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas, en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

Kyk hoe braai ek vir my vleis in die lapa by jou huis, nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie!

En wie ploeg dan die land?

Oe die land?

Ja die land sodat jy mielies sal kan plant…

Nouja, buiten vir betaal en kos en diesel koop en lande ploeg, is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek is van die ANC, jy moet alles vir my gee!

Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie

En wat as dit nie reën en die vee is vel en been

en die boorgate is droog en die lammers wil nie soog

en die mielies wil nie groei en jy moet die enjins bloei

En die dam wat begin lek, en die skape wat wil vrek

en die mielieprys is laag,en die beeste het ’n plaag

en die kunsmis is te min wanneer planttyd moet begin

en die drade moet weer heel, want jou bokke word gesteel

en jy moet jou kinders voer, maar die plaas is in sy moer…?

Waar’s jy?

Eish ek soek hom nie meer die plaas nie Morena!

 

Digter anoniem maar ’n uitstekende weergawe van die werklikheid.