Duitsers op Guptas se spoor

Die sagteware firma SAP het bekend gemaak dat daar onreëlmatighede was in transaksies waarby die Guptas betrokke was.

Meer as R128 miljoen is betaal aan Gupta beheerde maatskappye om transaksies by Eskom en Transnet te bekom.

Drie van SAP se uitvoerende bestuur is afgedank sonder enige vergoeding – anders as in SA waar ‘n goue handdruk die beloon wat gesteel het.  CAD House, wat deur Zuma jnr. besit word, het na bewering multimiljoen rand ontvang deur te “help” dat SAP kontrakte bekom het by Transnet.