DA se dubbelslagtigheid

Skielik moet inwoners registreer om te voorkom dat privaat huise en grond gevat word.  Dit volgens ‘n boodskap wat aan “kiesers” gestuur is op hul selfone.

So asof jou registrasie as DA lid die pogings van die ANC en EFF gaan stop.  As daar na die DA se Manifes gekyk word, skitter die wit gesigte in hul afwesigheid in die manifes – hier en daar in ‘n groepfoto sien jy die verloopte enkeling raak.

Kyk jy na die manifes self dan sien jy dat die DA hom verbind daartoe dat huise en grond wat “weggevat” is van die voorheen benadeeldes terug besorg sal word aan diegene wat dit verloor het.

In openbare verklarings het die DA hom verbind tot grondhervorming met die suikerpilletjie dat daar vergoeding sal wees.  Dit is die DA rade wat straatname verander om terroriste te vereer. Dorpsname kan ook maar gaan en daar sal gepoog word om gemeenskappe nader aan mekaar te bring in ‘n harmonieuse omgewing waar almal saam kan leef.

Daar is graad verskille tussen die DA en die ANC, die DA se grootste kieserskorps lê by die swartes en hulle sal gepaai moet word met beloftes van eiendom, werk, posisies en gratis dit en dat. Word daar selfs gekyk na die Wes-Kaap is dit die DA wat in binnegevegte betrokke is rondom beweerde korrupsie en omkopery.  Selfs alliansies is met die EFF aangegaan in plekke soos Port Elizabeth.

Aan jou vriende sal jy geken word.

Gert Pretorius