Clanwilliam dam fiasko

Die langverwagte verhoging van die Clanwilliam damwal is klaarblyklik op die langebaan geplaas.

Na maande se onsekerheid en die Departement van Water se onvermoë om hul huis in orde te kry, blyk dit dat R100 miljoen deur die “sluise” is en die projek finaal gestop is.

Soos voorheen berig het die kontrakteur maande lank R2,5 miljoen ontvang terwyl hy nie kon begin met die werk nie weens die departement se sloerdery en wanbestuur.

Daar is egter meer as R55 miljoen “weg” van die aanvanklike R100 miljoen wat begroot is.

Vir die boeregemeenskap van Clanwilliam/Vredendal/Lutzville is hierdie ‘n groot terugslag.  Beplanning van oeste vir die komende jare is nou in die weegskaal weens ‘n tekort aan water.  Dit is dus nie net die droogte wat die skuld moet kry nie maar ‘n ANC beheerde departement wat nie die vermoë het om te voorsien en te beplan vir ‘n land se bevolking nie.