Bloubul verkragtingsaak uitgestel

Die verkragtingsaak teen ‘n 19-jarige Bloubul speler is uitgestel in die New Brighton landdroshof hangende ‘n besluit van die Nasionale Vervolginggesag oor of daar vervolg gaan word al dan nie.

Die speler wie se naam tans weerhou word, se verweer is dat die klaagster sy loopfoon en beursie gesteel het en daarna ‘n saak teen hom aanhangig gemaak het.