Bannon van VSA is spreker by Franse

Steve Bannon, die man wat diens verrig het as hoof strateeg vir president Donald Trump van Amerika, was die afgelope naweek ’n gasspreker by die Franse Front Nasionaal se jaarlikse konferensie.

Bannon het ook ’n vertroulike gesprek gevoer met Front Nasionaal se leier, Marine Le Pen, en het ook tydens sy toespraak in geen onduidelike taal sy steun aan die nasionalistiese party toegesê.

Hy het gesê die wêreld kan hulle maar rassiste noem, of selfs xenofobies, of wat anders hulle wil, “maar dra dit met trots as ’n kenteken wat julle onderskei van die ander.”

Hy het Marine Le Pen aangemoedig om voort te gaan op die ingeslane weg aangesien dit ’n wêreldwye beweging is wat veel groter is as Frankryk.

Marine Le Pen het later ook ’n woord van waardering gehad vir die leiers van die Duitse nasionaliste wat met die afgelope verkiesing ’n stewige plek oop geveg het om die Alternatief vir Duitsland in die Bundestag verteenwoordig te kry.

Teen die einde van die konferensie is Marine Le Pen herkies tot leier, en is die party se naam verander na Rassemblement  Nasionaal, en die vader van Le Pen, wat die stigter is, sal nie langer die ere-voorsitter wees nie.

Foto – Steve Bannon en Marine Le Pen