Amptenare gearresteer oor perlemoen

Nege amptenare van die Departement Visserye is deur die Valke in Gansbaai aangekeer in verband met handel in perlemoen.

Weer eens bevind wetstoepassers hulle aan die verkeerde kant van die samelewing deur mee te doen aan onwettighede.

Die betrokke minister, Senzeni Zokwana, het nou besluit dat amptenare van dié departement nou voortaan staatsveiligheidsklarings moet kry.

Die gearresteerde amptenare word aangekla van korrupsie, rampokkery en regsverydeling.