AfD streeksleier bedank uit party

Nadat die streeksleier van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD) gesê het die Turke wat in Duitsland woon, moet terugkeer na hulle land  en hulle bestempel as “Kameel drywers” het ’n herrie om sy kop losgebars.

Andre Poggenburg het uit die party bedank nadat die AfD hom onder sensuur geplaas het oor sy opmerking wat die Turke in Duitsland woedend gemaak het.

Poggenburg se bedanking het klaarblyklik vroeër gekom as wat verwag is, maar politieke waarnemers sê die sosiale netwerk het sodanig gegons oor die opmerking dat die party geen keuse gelaat is nie, en hom uiteindelik onder sensuur geplaas.

Hy was die streeksleier in die oostelike deel van die Sakse gebied en sou aanvanklik eers uit die party tree aan die einde van Maart, maar dit blyk dat die druk te groot geword het.

Foto – Andre Poggenburg