AfD besoek Sirië oor immigrante

Parlementslede van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD) het na Sirië vertrek om hulle te vergewis van die veiligheidsituasie in die oorloggeteisterde land met die doel om onwettige Siriese immigrante terug te stuur na hulle land.

’n Woordvoerder van die party het gesê daar bestaan twyfel onder AfD parlementslede  oor die persberigte rakende die Siriese krisis.

Die party is sterk gekant teen die instroming van sogenaamde vlugtelinge wat uiteindelik asiel soek en dan in Duitsland vestig terwyl hulle die Moslem kultuur verder uitbou in Europa.

Die parlementslede het foto’s geneem van Siriese vroue wat in die strate van Damaskus stap sonder dat enige voorval plaasvind, wat ’n aanduiding is dat die land aansienlik minder geweld ondervind.

Die sewe AfD parlementslede het verskeie streke in Sirië besoek om hulle te vergewis van die omstandighede waarin die burgerlikes hulle bevind.