Ace se maatjies baat by eiendomstransaksies

Sandile Msibi, ‘n Vrystaatse beampte wat volgens bewerings omkoopgeld ontvang  het en die Departement van Paaie en Vervoer se kaste geplunder het, het ‘n netjiese R25 miljoen nagelaat met sy afsterwe.

Dit behels verskeie eiendomme in die provinsie insluitend drie plase, drie eiendomme in Vereeniging, twee woonstelle in Bloemfontein en vyf eiendomme in Parys.

Volgens ontleders is dit nie sleg vir ‘n staatsamptenaar nie.

Hy het na bewering baie nou verbintenisse met die premier van die Vrystaat, Ace  Mahashule, gehad.  Magashule blameer nou die sogenaamde wit monopolie kapitaal vir ‘n heksejag teen iemand wat hy beskou as “die beste hoof in die departement se geskiedenis”.

Foto: Wyle Sandile Msibi