100 000 vir een koppie koffie

Venezuela se ekonomiese chaos word al groter, en met die land se swak geldwaarde kan jy kwalik ’n koppie koffie koop met ’n 100 000 boliva banknoot.

Nou wil die regering die geldwaardes verander deur van die banknote te herdruk maar van die 100 000 boliva banknoot, ’n paar nulle weg te laat.

Die omstrede president Nicolas Maduro het verlede week aangekondig dat hy drie van die nulle van die banknoot wil verwyder om die ekonomiese krisis te bestry.

“Ek het besluit om drie nulle van die bestaande banknote te verwyder en dit in sirkulasie te bring op 4 Junie.

Vroeër het die president aangekondig dat Venezuela sy eie kripto betaalmiddel, gelyk aan Bitcoin, gaan produseer om die land uit die ekonomiese krisis te neem.

Die land se grootste banknoot, die 100 000 boliva, verhandel tans op die swartmark vir net minder as $0,50 in Amerikaanse geld.

Die land se ekonomiese krisis het twee jaar gelede gelei tot ’n voedseltekort wat steeds voortduur terwyl medikasie nie beskikbaar is nie, en pasiënte hulle mediese voorraad in die buurlande moet koop.