Zuma skotvry?

Skynbaar is ‘n laat ooreenkoms tussen Jacob Zuma en Cyril Ramaphosa bereik.

Alhoewel daar ‘n geheimsinnige stilswye oor die gesprek gehandhaaf word, wil dit voorkom dat Zuma sal bedank sodra daar aan ‘n string vereistes voldoen is.

Volgens Ace Magashule sal Zuma op ‘n “eerbiedwaardige” wyse aftree.

Dit kan net in Afrika gebeur dat iemand met honderde strafregtelike klagtes teen hom “eerbiedwaardig” kan aftree.  Dit laat die gedagte ontstaan dat ander politici dalk net soveel geraamtes in hul kas het en Zuma hul afdreig.