Wêreld Nuusflitse – 9 Februarie

Suid-Soedan

Die Verenigde Nasies het bekendgemaak dat sowat 300 kinders wat as soldate veg in die oorlog geteisterde land, vrygelaat is om terug te keer na hulle woonplekke, maar etlike duisende kinders is steeds bewapen en voer die oorlog saam met die weermag soldate.

 

Indië

’n Man wat hom voordoen dat hy ’n geneesheer is, word aangehou deur die polisie in Indië, en word aangekla dat hy ’n verspreider is van die MIV virus met sy onhigiëniese praktyke.

 

Duitsland

Andrea Nahles, ’n voormalige minister van arbeid, kan moontlik die nuwe leier van die linkse Sosialiste in Duitsland word nadat die huidige leier, Martin Schulz deel geword het van die Angela Merkel koalisieregering.