Vrees vir die vriendelike nasionalis van Italië

Linkse politici in Europa vrees dat die vriendelike nasionalis, ’n blonde dame van Italië, dalk deel gaan word van die regering na afloop van die algemene verkiesing in Maart vanjaar.

Die leier van die Italiaanse party, “Broers van Italië” is die 41-jarige Silvio Berlusconi en ’n junior vennoot in die drieparty koalisie.

Solank as wat sy die junior posisie beklee, is die liberaal-linkse politici tevrede, maar die vrees bestaan dat die groeiende steun vir nasionalisme kan oorspoel na haar party.

Die strewe na ’n sterk party is nie haar enigste dryfveer nie, maar sy het ook die ambisie om die land te regeer as Italië se eerste vroue premier deur die grootste steun van al die partye te kry tydens die verkiesing van 4 Maart.

Alhoewel sy tans kan reken op sowat 8% steun, is daar nuwe belangstelling vir haar party nadat die regse Matteo Salvini se “Noordelike Liga” goeie steun gehad het, maar dit weer verloor het.

Meningspeilings toon dat sy ’n redelike groei ervaar in die suidelike deel van die land, wat haar totale steun dramaties kan verhoog.

Dit is hierdie moontlikheid wat Europa se politici laat naels kou, want dit kan met Oostenryk se sterk kanselier saamwerk om die Europese Unie in ander rigtings kan laat groei.

Foto – Silvio Berlusconi