Vandalisme duur voort

Twee MyCity busterminale in Kaapstad is beskadig.  Die twee stasies is bykans totaal vernietig en herstelwerk sal maande neem wat beteken dat busgangers van stasies verder op die roete moet gebruik maak.

Klippe, bakstene en die normale brandende buitebande is deel van die vandalistiese optrede.

Die skade word tans beraam op meer as R1 miljoen en Brett Herron van die stadsraad beskryf dit as sinlose optrede en misdaad.