Turkse helikopter neergeskiet in Sirië

Tydens ’n Turkse lugmagoperasie in die noorde van Sirië is een van sy weermag helikopters neergeskiet, het die Turkse president in ’n verklaring bekend gemaak.

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, het bygevoeg dat die twee vlieëniers wat in die vegvliegtuig was, ook omgekom het.

Die Turkse regering beweer dat die helikopter in ’n botsing betrokke was, en sal ’n ondersoek na die voorval instel, maar dit blyk egter dat die helikopter eerder deur Koerdiese stryders neergeskiet is.

Die afgelope drie weke voer die Turkse weermag ’n deurlopende offensief uit teen die Koerde in die noorde van Sirië, wat die stryders genoop het om hulp te vra by Amerika om hulle te beskerm teen die verwoede aanvalle.

Die Turkse regering sê hy sal wraak neem indien bevind word dat sy helikopter deur vyandelikes afgeskiet is, maar wou nie na enige moontlike vyand verwys nie.