Tokyo Sexwale nuwe sokkerbaas?

Die verrykte Tokyo Sexwale word nou voorgehou as die redder van Sokker SA, ‘n liggaam wat gedurig in die kollig is weens wanadministrasie, bewerings van omkopery en bedrog.

Hy het die nominasie aanvaar maar op verskeie voorwaardes.

Hy vergelyk sokker SA met die ANC en sê dat hul verdeeld is.  Hy verswyg egter die grootskaalse bedrog wat agter die skerms plaasvind by die sokkerliggaam, in wese is sokker SA en die ANC dieselfde, want dieselfde bedrog, korrupsie en magsvergrype vind plaas in beide organisasies.

Sexwale is skaam oor die (on) vermoë van Bafana Bafana wat nêrens kan kwalifiseer vir groot toernooie nie, selfs nie eens in die Afrika beker nie, nog minder by die wêreldbeker.

Geen woord word gerep oor Danny Jordaan en sy toekoms nie, en sover is daar geen sprake van verantwoording wat deur Jordaan gedoen moet word oor die bewerings van omkoopgeld by die bod vir die wêreldbeker nie.

Foto: Tokyo Sexwale