Tandepasta of gif?

Min mense is bewus van die inhoud van tandepasta en aanvaar dat dit korrek en nodig is om tandepasta te gebruik.

As daar egter na die bestanddele van tandepasta gekyk word dan kry mens figuurlik gesproke hare op jou tande.

Die volgende bestanddele is algemeen in meeste merke op die mark:

Sodium fluoried – al die jare aangedui deur tandartse om verwering en gaatjies in tande te verhoed – meeste tandepastas bevat genoeg fluoride om ‘n jong kind binne 2-4 uur te dood. By kinders kan ‘n klein inname van sodium fluoried naarheid, braking, ingewand pyne en diarree veroorsaak

Ontwaterde Silika – wat veronderstel om tande wit te maak word gevind in kwarts, sand en flint. Deur jou tande te “skraap” met so ‘n growwe element beskadig die emalje bedekking en voorkom dat tande her-mineraliseer.

Sodium Lauril Sulfaat is een van die gevaarlikste bestanddele in tandepasta.  Dit veroorsaak die skuim en skep die indruk dat die pasta werk maar SLS is vretend en gevaarlik vir vel weefsel.  In die skoonmaak industrie word SLS gebruik in binnebrandmasjien skoonmakers, vloer skoonmaakmiddels en motor wasseep.  (Ma kyk na die sjampoe wat sê “geen trane”-  dit bevat dalk SLS en kan ‘n kind se oog ontwikkeling vertraag.

Kleursel – Kom algemeen voor in tandepasta en kan allergiese reaksie veroorsaak. Asma aanvalle, hoofpyn, naarheid, moegheid, afname in konsentrasie en selfs kanker kan voorkom.

Limonene ‘n Chemiese stof gevind in skille van sitrus en ander plante en word gebruik as geurmiddel maar ook as ‘n botaniese gif middel. Dit word ook gebruik as oplosmiddel vir skoonmaak doeleindes.

Eugenol – word ook deur tandartse gebruik maar het irriterende nagevolge, toksiese effekte sowel as hiper sensitiwiteit.

Sorbitol – ernstige maagkrampe, braking, diarree, rektale bloeding, swakheid en duiseligheid.

Dit in kort van die bestanddele – let op die waarskuwing op houers van tandepasta – kinders onder ses slegs soveel as ‘n ertjie pit hoeveelheid.  Moet nie insluk nie, spoel uit na gebruik.

Tandepasta, nee dankie, dan liewers koeksoda en sout in 50/50  hoeveelheid gemeng.  .

Frik Stander