Stryd teen kanker – nuwe moontlikheid

Wetenskaplikes het daarin geslaag om ’n vroeë stadium van menslike eierselle tot volwassenheid te “kweek” in laboratoriums.

Die merkwaardige deurbraak is Vrydag bekendgemaak in ’n joernaal Molecular Human Reproduction wat beter geleenthede kan skep om kanker te bestry.

Die navorsingswerk is by die Universiteit van Edinburg gedoen waar die selle tot volle wasdom gebring is en aansienlike nuwe behandelings tot gevolg kan hê.

Aanvanklik is navorsing gedoen met selle afkomstig van muise, en met die sukses wat toe bereik is, kon oorgegaan word tot die ontwikkeling van menslike eierselle.

Die huidige chemoterapie wat gebruik word, kan sterilisasie by vroue teweegbring, terwyl die potensiaal van die nuwe behandelingsmetode minder newe effekte het en nie die gevaar van sterilisasie inhou nie.

Die navorsers se egter dat nog aansienlike werk gedoen moet word om die volle waarde van die ontwikkeling te benut in die behandeling van die mens.