Staat betaal sterfte eise

Soos verwag is moet die staat nou families vergoed wat naasbestaandes verloor het in die Life Esidimeni saak.

‘n Aanvanklike bedrag van R200 000 is bepaal maar die provinsie sal nog moet hoes aangesien die mense nie tevrede is nie.  Dit beteken dat net duskant R30 miljoen betaal gaan word plus verdere eise.

Ontleders vra waarom die eise nie verhaal word van die skuldiges in die departement wat verantwoordelik gevind is vir die dood van die pasiënte nie.

Behalwe die aantal pasiënte wat dood is, is daar is steeds 48 pasiënte wat vermis word en dit onseker is waar hulle is.