Selfde vergoeding, minder werksdae!

’n Maatskappy in Nieu-Seeland is die eerste in die land wat besluit het om ’n oefening te doen deur personeel se werktyd van vyf dae te verminder na vier sonder om die vergoeding te verander.

Perpetual Guardian sê in ’n verklaring die nuwe reëling is eers ’n eksperiment waarvan die personeel vir die volgende ses weke, elke week net vier dae sal werk.

Die firma is ’n trustee maatskappy wat vir die oefening poog om dieselfde werk verrig te kry in minder werktyd, en hoop dat hulle daarmee die personeel se vrye tyd om by hulle familie deur te bring, kan verbeter.

Die bestuur glo ook dat hulle daarmee kan slaag om personeel aan te moedig om beter werk te lewer aangesien die “rus tydperk” verleng word.

Nieu-Seelanders werk gemiddeld 1,752 uur per jaar, wat ’n gemiddeld van 34 uur per week is, of sowat 7 uur per dag.

In Duitsland werk mense die minste ure per jaar, gevolg deur Denemarke, Noorweë,  en Nederland.

Meksiko, Suid-Korea en Costa Rico werk die langste per jaar, terwyl hulle nie noodwendig die hoogste produksie per werksdag lewer nie.

’n Woordvoerder van die Nieu-Seelandse maatskappy sê die personeel was aanvanklik geskok toe hulle die nuus ontvang dat hulle voortaan slegs vier dae per week gaan werk, en drie dae tuis mag deurbring.