SAUK trek mat uit onder SA Rugby

SAUK radio het aangekondig dat hulle nie regte gaan opneem om Super Rugby en Curriebeker rugbywedstryde uit te saai nie. Dit ten spyte van die groot transformasie wat SA Rugby gedoen het om die base tevrede te stel.

Vir baie is dit egter nie ‘n probleem nie, want rugby het ‘n politieke speelbal geword en gemaak dat die genot om daarna te kyk verdwyn het.  Diegene wat nog die sportgod gaan mis sal nou maar tevrede moet wees om Kaiser Chiefs en die ander sokkerspanne se wedstryde op die een-oog kanaal te kyk.

Dit is nie seker wat SA Rugby se verlies aan inkomste gaan wees nie as gevolg van die SABC se besluit.

Intussen is die voormalige Springbokafrigter, Pieter de Villiers, aangestel om Zimbabwe se nasionale span af te rig.