Puigdemont gaan eed aflê in België

Die afgesette president van Katalonië, Carles Puigdemont, gaan die parlementêre eed in Brussel aflê ten spyte van die Spaanse Hooggeregshof se uitspraak dat dit slegs in Spanje gedoen kan word.

Betroubare inligtingsbronne sê Puigdemont is van plan om op 18 Februarie vanjaar die eed af te lê in Brussel, en enkele dae later, op 21 Februarie sal ander parlementslede van die separatiste die eed aflê in die Kataloniese parlement.

Die moontlikheid bestaan dat daar dan by die geleentheid ’n plaasvervanger vir Puigdemont aangewys gaan word, maar daaroor bestaan geen finale besluit nie.

Volgens berigte het Puigdemont voorgestel dat ’n dubbele regering gevorm word waarvan een in die buiteland gevestig is en as ’n Raad van die Republiek sal funksioneer.

Die afgesette Puigdemont het reeds ingestem dat ’n plaasvervanger, iemand van sy keuse, aangewys moet word as nuwe president van Katalonië.

Foto – Carles Puigdemont