Noord-Korea leier nooi Suide vir gesprek

Die kommunistiese leier in Noord-Korea, Kim Jong-Un, het die Suid-Koreaanse president, Moon Jae-In, uitgenooi na ’n die Noord-Koreaanse hoofstad Pyongyang.

Die uitnodiging is mondelings oorgedra deur die leier se suster, Kim Yo-jong wat tans as afgevaardigde by die Winterspele is.

Die jonger suster van die kommunistiese leier is die eerste regeringsverteenwoordiger van Noord-Korea wat die suidelike buurstaat besoek sedert die spanning verhoog is tussen die twee lande wat voorheen ’n eenheidstaat was.

Die president van Suid-Korea het tydens ’n middagete saam met  Kim Yong-nam en die kommunistiese leier van die Noorde uitgenooi na ’n gesprek waartydens ’n wedersydse uitnodiging gerig is.

Indien president Moon wel die uitnodiging sou aanvaar, sal dit slegs die derde keer wees dat die Suide gesprek voer met die buurland.

Vorige ontmoetings tussen die twee lande se leiers het in 2000, en daarna in 2007 plaasgevind, maar het tot geen verbetering in die verhoudinge gelei nie.

President Moon se gesprek met Kim Jong-Un sal waarskynlik gefokus word op ’n oorreding om die uitnodiging van Amerika te aanvaar en dialoog met die VSA te begin.

Foto – Kim Jong-Un